Museum of Memory and Tolerance 2

Die eerste gedeelte handel oor die (Memory) herinneringe en dit begin met die WWII.

mde

Die rol van die media in  WWII. Hitler was ‘n goeie voorbeeld, seker een van die eerste voorbeelde, van die rol van die media soos ons dit vandag ken. Die ekonomiese omstandighede en alle faktore wat aanleiding gegee het na die WWI, het bygedra tot hierdie stand van sake. Slegs drie weke nadat Hitler aan bewind gekom het, het die media reeds van hom gepraat as ‘n Diktator. Sonder enige rekord op daardie stadium, as bewys dat hy dit werklik was. Hoe meer die media daaroor geskryf het, hoe makliker het dit geword om hom as ‘n Diktator te bestem. “‘n stelling wat ‘n 1000 maal herhaal word, word die waarheid”

Die feit dat die Duitsers hulleself as ‘n suiwer ras beskou het, het aanleiding gegee tot die Genocide. Dit was die totale uitwissing van almal wat nie voldoen het aan die vereistes van die Duitse ras nie. Blou oe en blonde hare. So is daar begin om Duitsers as eerste rondte meer “suiwer” te maak; verpleegsters was verplig om vroue in hospitale, wat nie aan die vereistes voldoen het nie, voor de voet te sterilieer. Al was dit nie wettig nie, het dit as gevolg van die feit dat so baie staatsinstellings daarby betrokke was, geleidelik ongeskrewe wet geword. Dit het bygedra tot die kompleksiteit van die WWII – almal was betrokke om dit “toe te pas” – wie was nou juis in persoon die spesifike skuldiges?

Na WWII, is daar deur die UN besluite geneem, dat die geskiedenis nie dit self moet herhaal nie. So is die begrip Genocide gedefinieer as die uitwissing van mense op  grond van een van die volgende : Ras; Nasionaliteit; Geloof en Gender. Dus die onveranderlike.

Die Genocide van Rwanda (1994) is ‘n baie hedendaagse voorbeeld en die groot rol van die aanvanklike Kolonisasie van Rwanda.

Weereens het sekere faktore bygedra (nie noodwendig die onderliggende oorsaak nie, maar die “enablers”): die rol van die internationale gemeenskap wat ‘n blinde oog gehad het/ weggekyk het en die doelbewustelike onttrekking van die Peace Corps

mde

‘n Genoicide wat steeds vandag nog besig is om uit te speel, is Darfur. Dit is een van die eerste (indien nie die eerste) gevalle waar ‘n reeks STIs en HIV gebruik is om massamoord mee te pleeg. Die soldate wat aangestel was, toe die weermag vergroot het met die onluste in Sudan – was almal HIV positief en deel van die oorlogvoering taktiek was om vroue en kinders te verkrag.

Dit is ook hartverskeurend om in ‘n museum te staan van so ‘n hoë standaard van morele waardes, met Nelson Mandela onder die ander wêreld beroemdes by die ingang as vereerde standbeelde te hê – en dan te sien watter rol Suid Afrika sopas in 2017 gespeel het om die Diktator, Omar al Bashir te ondersteun in die voortgaande Genoicide van Darfur.

sdr

Die Toleransie gedeelte van die museum spreek areas aan, waar ons almal verdraagsaam moet wees teenoor ander, en meer spesifiek tot persone weens hul: Ras, Klas, Ouderdom, Geslag, Seksualiteit en mense wat met verskillende soorte Disabilities leef.

Die Toleransie afdeling van die uitstalling sluit af met boodskappe wat die besoeker bewus maak van hedendaagse metodes wat onverdraagsaamheid aan huts, byvoorbeeld: om die media te manipuleer, vals nuus en die verkeerde gebruik van sosiale media

…en die uitgaande boodskap:

dav

Elige tú actitud

Choose your attitude

Kies jou houding

 

 

 

 

Advertisements
Posted in Uncategorized | Tagged , , , , , , , | 2 Comments

Die dag toe ons die Museum: Museo Memoria Tolerancia besoek het (Museum of Memory and Tolerance)

Dit was vir my ‘ n dag van vele belewenisse en ‘n dag wat ek vir lank sal onthou. Daarom gaan ek meer as een keer daaroor skryf. Ek gaan begin by voor ons nog die gebou ingegaan het.

Buite die museum is daar reeds interessante kuns voorwerpe.

Op ‘n afstand was daar oopgespreide vlerke van ‘n engel, by nadere beskouing was dit ‘n versameling van verskeie dodelike wapens. Die ironie was treffend. Agter die vlerke was daar ‘n versameling van borsbeelde.

Eerstens Nelson Mandela, tweedens Mother Theresa, derdens, Reverend Martin Luther King en laastens Mahatmar Ghandi.

fbt

Hierdie museum handel in beginsel oor 2 temas naamlik:

  1. Memory en
  2. Tolerance

met ‘n derde tydelik gedeelte wat dikwels afgewissel word. So was dit die vorige keer oor Femicde – die doelbewustelike doodmaak van vrouens bloot omdat hulle vrouens is. Die huidige tema gaan oor LGBT, Intimiteit en seksualiteit.

dav

Ek was baie beinduk met die wyse waarop hierdie toer vir ons gereél is. Die museum is gewoonlik gesluit vir besoekers op Maandae, maar met behulp van vriende van Liesl kon ons ‘n volledige privaat toer wat ongeveer 3 uur lank is, doen. Alles moontlik is gedoen om die toer  vir my so gemaklik moontlik te maak, soos bv. die gebruik van ‘n rolstoel.

fbt

 

Posted in Uncategorized | Tagged , , , , , | 2 Comments

El Pendulo

El Pendulo is a bookshop, within it is situated a coffeeshop. But, that’s so much more. You are surrounded by books and the most delicious flavors of the food, soothe your minds. For those who know it, it’s almost like Exclusives with a dining area. Every menu has the name of a different famous author outside.

dav

On the menu there are also references to authors, such as our own JM Coetzee

dav

The ambiance of the bookstore was inviting.

 

It was such a pleasant experience from start to end.

 

Posted in Uncategorized | Tagged , , | 2 Comments

Vars Produkte straatmark van San Rafael

A Fresh Product Market (a “Tianguis“) in Mexico City is usually known for the following characteristics:

It is neighborhood-bound and every neighborhood has its own distinctive Tianguis on another day of the week. San Rafael (where Liesl lives)’s Tianguis is on Saturdays and that’s where we were today. We bought vegetables, fruit and other trinkets and also had lunch

IMG_20180623_133100

My first lunch  at a Tiangius.

crowd

Clockwise from above. (1) Thick slices of pork tenderloin, fresh cucumber, (2) tripa (Tripe) with sauteed ​​onions on tacos. Each has it’s own filling.

dig

Dit is die stalletjie waar ons ons kos gekoop het. Let op hoe skoon en netjies is alles

dav

Is dit paradys, of is dit paradys? Let op na die diep kleur van die papino. Links van die papino is ‘n vrug, onbekend in Suid Afrika; “Mamey

dav

Dit is hoe groente hier te koop aangebied word. Jy sou selfs een wortel kon koop, of nege eiers. Dan eers word dit geweeg.

dav

Tuisgemaakte sepe van natuurlike produkte.

Dit is opvallend hoe elke boer, of handelaar met groot trots hul produkte aanbied.

 

 

Posted in Uncategorized | Tagged , , , , , , , | Leave a comment

Van Kaapstad tot Mexico

 

digOm mee te begin, is ek nie lief vir vlieg nie. Dis vir my so ‘n mors van tyd. Ek het saam met ‘n man, vrou met twee kindertjies in ‘n ry met 4 sitplekke gesit. Gelukkig het ek aan die gangetjie se kant gesit, die leuning kon maklik opgelig word. Die twee kindertjies van onder 4 was baie goed gedissiplineer. Nadat hulle aan die slaap geraak het, was hulle stroopsoet, maar teen daardie ryd was my rug al in ‘n spasma van doodstil sit in so ‘n klein spasie. Na ‘n van 11uur, waartydens ek weinig geslaap het, was ons in Amsterdam, lughawe Schipol.

Schiphol was vir my ‘n heerlike ervaring. Toe ek jonk getroud was, het ons Hollandse bure gehad, spliternuut ge-immigreer. Ons het goed bevriend geraak met Ton en Mieke en geweldig baie van hulle geleer. Soos bv de heerlike chips (frietjes) en die manier hoe  dit voorberei het, maar vernaamste was die heerlike Kroketten. Soos Mieke dit gemaak het, het ek nooit weer ge-eet nie. In Pretora kon ek dit nog kry, maar nerens in die Kaap nie. Op Schiphol soek ons heel eerste vir n eetplekkie  en kom by Dutch Kitchen waar n hele versameling van Delftware ons inwag. Ek was, soos die Engelse se ‘in awe”. Die tafels en stoele was Delft koppies en piering, soos julle op die foto’s kan sien.Vir my was dit ‘n hele ervaring

Kroketten

Royal Delft

Lieflike

Add PollAdd Poll

Posted in Uncategorized | Tagged , , , | 2 Comments

Mexico vakansie

dav

 

Many ways to kill a cat. Teen hierdie tyd weet julle al dat ek probleme het om kontak te maak.

Ek gaan nou maar op ander maniere skryf Foto’s plaas, dan sal Liesl dit op n manier op my timeline plaas. Lewer asb indienmoontlik kommentaar. Ek sal nie altyd dadelik indien enigsens daarop reageer nie.

Ek sal nou eers geduldig wag om te sien of iemand gaan reageer.

 

dav

Dis toe ek opgewonde in die vliegtuig gesit het met die aanvang van my vakansie.

Posted in Uncategorized | Leave a comment

Waarvoor ek sou bid

Hulle sê vir my hy eet nie sop nie. Ek kyk na hom, maar hy kyk net uitdrukkingloos terug. Hy was dan altyd so lief vir sop, het nooit net een bakkie op ʼn keer geëet nie. Hy kry elke aand ʼn bakkie pap met ʼn broodjie. My planne was gemaak, ek moes net my tyd regkry, ek het nie verniet my prutpot saamgebring na my woonstelletjie toe nie. Toe die koue nou hierdie week weer so erg toeslaan is die tyd reg.

Vanoggend maak ek alles gereed en haal die prutpot uit. Heel onder in kom die gerookte Eisbein. Daarna ʼn uitjie en die aartappelblokkies, in duimgrootte gesny. ʼn Pakkie gedroogde ertjies. Toe die water, peper en baie min sout, die Eisbein kom met sy eie sout. So staan dit en prut vir ure lank. Ek sny die gerookte wors, alles net soos my vriendin van Nederlandse afkoms, my geleer het. Die Eisbein word uitgehaal en die vel afgehaal. Die vleis word in klein stukkies gesny en dit gaan saam met die wors terug in die pot. Dit prut nog so ʼn rukkie, toe skep ek genoeg uit vir hom en sy kamermaat. Die beker met geurige sop, net soos hy altyd daarvan gehou het, bedek met ʼn silwerskoon doek en ek pak die entjie aan na die Frail Care.

Ek voer hom met die sop, ek kan nie vinnig genoeg gee nie, hy slurp dit behoorlik op, hy eet een en ʼn halwe bakkie, was daar meer, het hy meer geëet. Daarna net nog die gebraaide broodjie met sardyne en gerasperde kaas daarop.

Waarvoor ek sou bid:

  • Ek was nog nooit ʼn goeie sieketrooster nie, nou kry ek swaar.
  • Dat hy terug is by infantiele gewoontes is vir my erg – hy slurp sy sop, gretig soos ʼn klein voëltjie.
  • Hy wieg heen-en-weer soos ʼn baba in sy wiegie, terwyl hy aan die brood suig asof dit ʼn fopspeen is. Sy genieting daarvan, is ook soos dié van ʼn baba.

Ek kan dit nie aanskou nie en neem die ongewaste beker met my silwerskoon lap en strompel uit die kamer uit – na die veiligheid van my eie plek. Môre lees ek liewer weer ʼn storie.

Ek het lanklaas gebid.

O God, ek het lanklaas gebid,
Of tel my gedagtes en fluisteringe as gebede?
Daar staan mos in Romeine 8 dat die Gees ons versugtinge as
gebede voor die troon van God bring…
Vroeër het ek my probeer indink dat ek voor die troon kniel.
Dit het nogal baie verbeelding gevra.
Nou is dit vir my makliker om my te verbeel dat God soos
Wi-Fi sommer heeltyd rondom my en by my is.
Ek hoef nie te bid nie …
My gedagtes, so onversorg en stom is ook genoeg.
Soms het ek die behoefte daaraan om dit in mooi woorde, soos
poësie te vorm,
Maar meestal is dit vir my lekker om te weet dat ek maar net
dinge in my hart kan oordink.
Ongevormde emosie is ook genoeg.
Die byna pynlike ervaring van skoonheid as die son ondergaan
is genoeg.
Die genoeglikheid van ʼn warm bad …
Swem in die see …
Die ervaring van liggaamlikheid.
Dankie dat dit nie nodig is om te bid nie.

Julian Muller.

Posted in Uncategorized | 12 Comments