Die dag toe ons die Museum: Museo Memoria Tolerancia besoek het (Museum of Memory and Tolerance)

Dit was vir my ‘ n dag van vele belewenisse en ‘n dag wat ek vir lank sal onthou. Daarom gaan ek meer as een keer daaroor skryf. Ek gaan begin by voor ons nog die gebou ingegaan het.

Buite die museum is daar reeds interessante kuns voorwerpe.

Op ‘n afstand was daar oopgespreide vlerke van ‘n engel, by nadere beskouing was dit ‘n versameling van verskeie dodelike wapens. Die ironie was treffend. Agter die vlerke was daar ‘n versameling van borsbeelde.

Eerstens Nelson Mandela, tweedens Mother Theresa, derdens, Reverend Martin Luther King en laastens Mahatmar Ghandi.

fbt

Hierdie museum handel in beginsel oor 2 temas naamlik:

  1. Memory en
  2. Tolerance

met ‘n derde tydelik gedeelte wat dikwels afgewissel word. So was dit die vorige keer oor Femicde – die doelbewustelike doodmaak van vrouens bloot omdat hulle vrouens is. Die huidige tema gaan oor LGBT, Intimiteit en seksualiteit.

dav

Ek was baie beinduk met die wyse waarop hierdie toer vir ons gereél is. Die museum is gewoonlik gesluit vir besoekers op Maandae, maar met behulp van vriende van Liesl kon ons ‘n volledige privaat toer wat ongeveer 3 uur lank is, doen. Alles moontlik is gedoen om die toer  vir my so gemaklik moontlik te maak, soos bv. die gebruik van ‘n rolstoel.

fbt

 

About lidiatheron

I am retired and published one book after retirement. I am living in an old age home in a bachelors flat. It is the same .place were my husband is in the Frail Care Centre for the last six years, due to the fact that he is brain damaged after a Heart (by-pass) operation. He is also a Schizophrenic. My one blog is a book about the latter for which I could not get a publisher. Because I felt it is a story that needed to be told, I decided to make it available for people to read. For me, though I could make good use of the money, it is not about the money, it is more about getting the information out to people who might need it. In the meantime I closed that blog in the beginning of 2017 and write further so that it can still become a book
This entry was posted in Uncategorized and tagged , , , , , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Die dag toe ons die Museum: Museo Memoria Tolerancia besoek het (Museum of Memory and Tolerance)

  1. Joan Lombard says:

    Fantasties Lidia!
    So bly julle beleef so baie wonderlike dinge.

    Liked by 1 person

Leave a comment